Thursday, July 17, 2008

"Happy Endings."

Gereeld hoor ons van sukses verhale rakende die Immigrasie proses. Maar nie elke storie het 'n "happy ending" nie.
Net gister aand hoor ek van 'n familie wie se aansoek vir Immigrasie na Australia afgekeur is. Dit nadat alles so goed gelyk het, dat dit amper 'n uitgemaakte saak was dat hul kon oorkom hiernatoe. Alles het goed verloop, tot 'n week voor die vetrek datum. Hul het die slegte nuus gekry dat hul aansoek afkeur is.
Wat nou? Dis tye soos hierdie dat mens biddend soek na dringende hulp.

'n Paar weke terug stel iemand na die oggend diens 'n besoekende paartjie van Suid Afrika aan my voor. Hulle was op 'n tydelike besoek hier in Australië om werk te kry. Na 'n rukkie se kuier het ek gedink "ons moet hierdie mense help." Dit het op die lappe gekom dat hul Immigrasie Agent hul as't ware mislei het. Nog 'n geval van 'n agent wat baie geld maak uit mense uit, maar nie 'n goeie diens gelewer het nie.
Hoe help mens sulke mense?

Ek't het my pa op die foon gekry en sy raad gevra. Hoekom my pa? Want hulle het self 'n stel (eintlik twee) afgetrap met immigrasie agente wat alles belowe, jou geld vat, en dan nie 'n werklike diens lewer nie.
My pa het eindelik (na baie geswoeg met hul vorige agent) by iemand reggekom wat hulle daadwerklik gehelp het om onder streng riglyne hul Permanente Residensie te bekom. En Pa Piet het haar as "baie vriendelik, betroubaar en bekostigbaar" beskryf. "Sy's van Griekse afkoms, maar het in Suid Afrika groot geword. So sy ken ons omstandighede."
Haar naam is Athina, en sy's gebaseer hier in Brisbane, Australië.

Ek ken haar nie persoonlik nie, maar dit klink vir my sy's een van daardie mense wat hoog aanbeveel word as dit kom by immigrasie.

My pa het vir my 'n foto van haar besigheids kaart ge-email. (sien hieronder) Daar's ook 'n "link" op regterkant na die maatskappy waar sy werk.

Ek kan niks waarborg rondom haar nie, en daar is sekerlik baie ander immigrasie agente wat ook goed in hul werk is. Maar dit weet ek verseker: as ons van iemand weet wat aanbeveelbaar is, betroubaar is, en resultate kan lewer, dan moet ons dit deel met mekaar. Mense se lewens en die toekoms van hul kinders hang daarvan af.

So ek hoop hierdie is 'n skrywe wat baie mense nog gaan help.

Onthou om "Subskripsie - Posts" te "klick" aan die regterkant as jul op hoogte wil bly met nuwe informaise wat ons op ons Blog gaan plaas.

Tot later

Joe en Cecile



No comments: