Monday, September 22, 2008

Verblyf in Brisbane.

'n Paartjie in ons gemeente (Mark & Susan Baylis) het 'n gastekamer wat idiaal is vir besoekers aan Brisbane. Ek't hulle gevra om 'n skrywe vir my te stuur sodat ons hulle kan bekendstel aan meer mense. Lees meer daaroor hieronder en onthou asb. om hulle 'aan te beveel' vir kennise wat Brisbane wil kom besoek.




Groetnis




Joe & Cecile


********************************************************************






Liewe Joe & Cecile

Soos julle weet het die Here vir my ‘n gawe gegee om mense te help en ek het nou ‘n geleentheid om dit op ‘n meer praktiese manier te doen.

Toe ons 4 jaar terug ons huis gekoop het, het ons besluit ons moet ‘n plek kry wat ruim genoeg is sodat wanneer ons familie kom kuier, ons hulle ten minste nie in ‘n klein hoekie hoef in te druk nie.

Ongelukkig het Ouma en Oupa nog net 2 keer kom kuier en die gastekamer staan en stof vergader.

Ons het nou besluit om dit beskikbaar te maak aan nuwe aankomelinge of mense wat vir ‘n kort tydperk Brisbane toe kom om te kom kyk of hulle hiernatoe wil trek.

Ons webtuiste is http://www.downunderwebdesigns.com.au/index.php?option=com_content&view=article&id=5&Itemid=2

Groete

Mark & Susan Baylis