Saturday, June 28, 2008

Piekniek 29 Julie '08





Sondag, 29 Julie, het so ongeveer 65 Oud Suid-Afrikaners (kinders ingesluit) bymekaar gekom by Sweeney's Reserve, Petrie. Sommer vinnig het dit 'n baie gesellige geleentheid geword. Ons dink almal sal saamstem dat dié Piekniek plek 'n wenner is. Daar's lekker skaduwee bome en baie speelplek vir die kinders. Die gedagte agter die piekniek was om oud Suid Afrikaners 'n kuier geleentheid te gee. En dis lekker om weer uur lange gesprekke in Afrikaans te kon voer. Gereeld hoor ons hier bly so baie Afrikaanse gesinne (en Engelse Suid Afrikaners) in die Noordelike Woonbuurte, maar ons kry nie altyd die geleentheid om bymekaar te kom nie.
Ons kerk (Bray Park Community Church http://www.bpcc.com.au ) het huidiglik 46 Suid Afrikaanse gesinne wat daar aanbid. Ons (Joe en Cecile Vermeulen) is al amper 6 jaar een v d Predikant's pare in die gemeente. Die kerk is 'n goeie plek om vriendskappe te bou en om geestelik gevoed te word. Ons sal meer "bymekaar-kom" datums op ons blog lys. Onthou asb dat dié geleenthede nie slegs vir ons kerk se mense is nie, maar vir enige oud Suid Afrikaners, asook hul vriende en familie wat hier kuier.

Groetnis
Joe en Cecile